James Clerk Maxwell

James Clerk Maxwell
Gebore 13 Junie 1831
Edinburgh, Skotland
Oorlede 5 November 1879 (op 48)
Cambridge, Engeland
Burgerskap Brits
Nasionaliteit Skots
Vakgebied Fisika en Wiskunde
Instelling(s) Marischal-kollege, Aberdeen
King’s-kollege Londen
Universiteit van Cambridge
Alma mater Universiteit van Edinburgh
Universiteit van Cambridge
Ander akademiese adviseur(s) William Hopkins
Ander bekende student(e) George Chrystal
Bekend vir Maxwell se vergelykings
Maxwell se teorie
Toekennings Smith-prys (1854)
Adams-prys (1857)
Rumford-medalje (1860)
Keith-medalje (1869-1871)
Handtekening

James Clerk Maxwell FRS (Edinburg, 13 Junie 1831Cambridge, 5 November 1879) was 'n Skotse teoretiese fisikus. Sy belangrikste bydra was die formulering van die klassieke teorie van elektromagnetisme. Deur die ontwikkeling van Maxwell se vergelykings het hy 'n samevatting van al die teoretiese en eksperimentele kennis van elektrisiteit en magnetisme verskaf. Hy het bydraes tot byna al die afdelings van die fisika gelewer. Hy het die eerste permanente kleurfoto geneem en 'n verklaring vir Saturnus se ringe verskaf. Hy het die Maxwell-Boltzmann verspreiding afgelei, en daarmee gehelp om die basis van Statistiese Meganika te lê. In die millenium-peiling wat onder 100 van die voorste fisikuste gedoen is, is Maxwell as die derde grootste fisikus van al tye bestempel, voortgegaan deur slegs Newton en Einstein.[1]

  1. [1] Einstein the greatest

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search